Amerikaanse Kongres

Die Amerikaanse Capitol

Die Amerikaanse Kongres (Engels: United States Congress) is die wetgewer van die federale regering van die Verenigde State van Amerika. Dit bestaan uit twee kamers:

  • 'n Laerhuis: Die Huis van Verteenwoordigers (House of Representatives) wat uit 435 lede bestaan wat elk vir 'n termyn van twee-jaar verkies word.
  • 'n Hoërhuis: Die Senaat (Senaat) bestaande uit 100 lede wat elk 'n ses-jaar termyn dien.

Die Kongres word in die Capitol in die Amerikaanse hoofstad Washington, D.C. gehuisves.[1]

  1. The Legislative Branch (Engels). The White House. URL besoek op 31 Oktober 2023.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search